Rowling beskuldig van plagiaat
2010-02-18 17:32
Londen - Die uitgewers van J.K Rowling se hoogs gewilde Harry Potter boeke word hof toe gesleep nadat daar beweer is dat sy in haar vierde Harry Potter-boek plagiaat gepleeg het.
Dié dagvaardiging beweer dat Rowling dele van die Goblet of Fire boek by die 1987 kinderboek The Adventures of Willy the Wizard: No. 1 Livid Land deur Adrian Jacobs, gesteel het. Jacobs is in 1997 dood.
“Ek is hartseer dat daar nóg aantygings gemaak is dat ek my inhoud by ander gesteel het. Die waarheid is dat ek nooit eers van die skrywer van dié boek gehoor het voor hierdie aantygings gemaak is nie en ek het definitief nog nooit die boek gelees nie,” het Rowling in ‘n verklaring gesê.
Lees meer by www.eonline.com.