Roerende ‘Hopeville’ gou in SA fliekteaters

2010-07-29 09:06
Tweets Share Share line Print

Toe die reeks Hopeville verlede jaar op SABC2 vertoon is, het ’n mens dadelik besef dit is ’n aangrypende storie.

Die reeks het ’n mens diep geroer en jou die hartseer en verlatenheid van die inwoners van dié dorpie laat beleef. Dié verhaal word op 3 September as ’n rolprent in Suid-Afrikaanse teaters uitgereik.

Hopeville handel oor Amos Man­yani (Themba Ndaba), ’n rehabiliterende alkoholis, wat na ’n afgeremde gehuggie trek in die hoop om ’n nuwe lewe daar vir hom en sy vervreemde seun, Themba (Junior Singo), te gaan uitkerf.

Dinge is egter nie so eenvoudig nie. Buiten vir die probleme met ’n korrupte burgemeester wat alles vir eie gewin doen en die inwoners van die dorpie se gees in die proses breek, moet Amos sy seun se respek herwin en die donker geheime van die gemeenskap en sy apatiese houding trotseer.

Talle bekende name in die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf is in Hopeville se rolverdeling te sien.

Desmond Dube is die korrupte burgemeester, Patrick Gumede; Jody Abrahams is te sien as PJ Daniels, ’n hardvogtige sakeman wat sonder huiwering by twyfelagtige saketransaksies betrokke raak; en Paul Luckhoff is Felix Venter, wat beskou word as die rassis in die dorp.

Ander akteurs is onder andere Leleti Khumalo, Fana Mokoena, Terry Pheto van Thotsi-faam, Jonathan Pienaar en Wilmien Rossouw.

- Hopeville die televisiereeks is benoem in die kategorie vir drama- en minireekse op die toonaangewende Rosee d’Or-televisiefees – ’n belangrike geleentheid in die internasionale televisie-arena.

Die wenners word in September aangewys.

- Beeld

Lees meer oor: vermaak

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

mdegrobler sê... Fantastic!!!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

ACCOUNTS CLERK

Cape Town, South Africa
Quantex Executive Recruitment
Market Related

MIS Data Analyst

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R30000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

BT-50 3.0 CRDi Drifter SLE D-Cab Dsl PU MY07
2010
R 259,990.00

CHEVROLET

CAPTIVA 2.2D LTZ 4X4 AT
2012
R 424,000.00

VOLVO

S40 2.4i
2007
R 230,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Ghost Recon Future Soldier

Vanaf: R349.95

Beplan, vernietig, infiltreer. Verloor jouself in die toekoms van oorlogvoering, word 'n Future Soldier met Gost Recon.Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.