Rockers vier Hall of Fame se 25ste jaar
2009-07-23 08:26
New York. – Bruce Springsteen, U2, Paul Simon en ander rocklegendes gaan op 29 en 30 Oktober hier aan ’n konsert deelneem om die 25-jarige bestaan van die Rock and Roll Hall of Fame te vier.
Die konserte in Madison Square Garden sal die geskiedenis van rock weergee met Eric Clapton, Aretha Franklin, Stevie Wonder en Metallica wat ook te sien sal wees.
Die opbrengs is ten bate van die Rock and Roll Hall of Fame-stigting en -museum wat begin is deur Ahmet Ertegun, stigter van Atlantic Records.
Ertegun het die stigting 25 jaar gelede begin om erkenning te gee aan die musiek en loopbane van diegene wat die Amerikaanse volk help vorm het, het Jann Wenner, voorsitter van die vereniging, gesê.
Reuters Life!