Robin Hood sal Cannes open
2010-03-26 10:21
Los Angeles - Die Robin Hood-film, onder regie van Ridley Scott, is gekies om vertoon te word tydens die openingsaand van die jaarlikse Cannes-filmfees.
Met Russell Crowe en Cate Blanchett in die hoofrolle, beloof hierdie rolprent om aanhangers te betower.
Die jongste weergawe van Hood se verhaal handel om die begindae van die legende se avonture.
Ander bekendes soos Max Von Sydow, Lea Seydoux en William Hurt kan ook in dié rolprent gesien word, wat wêreldwyd op 14 Mei bekendgestel word.
- Reuters