Robin Gibb sê hy is perdfris
2012-02-04 08:46
Londen – Robin Gibb, een van die sangers van die Bee Gees, het Vrydag aangekondig dat hy “skitterend” herstel het van ’n ernstige siekte wat vroeër as kanker beskryf is.
Die 62-jarige Gibb, een van die drie broers van die sewentigerjare se treffermasjien die Bee Gees, het op BBC Radio 2 gesê: “Dis heel eenvoudig. ’n Groeisel is in my kolon gekry. Dit is verwyder. Ek is deur ’n briljante dokter behandel, en in sy woorde was die resultate ‘skitterend’.”
Daar is die laaste paar jaar heelwat bespiegel oor Gibb se gesondheid, veral weens sy onlangse uitgeteerde en brose voorkoms. Daar is selfs daarop gesinspeel dat hy op sterwe was, iets wat Gibb as ongegrond afgemaak het.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters