Robert Pattinson 'verveeld' met Twilight
2010-06-23 14:29
Londen – Robert Pattinson is bly dat die Twilight saga amper voltooi is.
Die Britse akteur , wat die rol van die vampier Edward Cullen vertolk, het erken dat dit “vervelig” kan word om aan die reeks te werk en hy is bly dat hy binnekort klaar is met die laaste deel, Breaking Dawn, wat in twee flieks gedeel sal word.
“Dit kan nogal vervelig word. Die goeie nuus is dat die hele ding in sewe maande klaar gaan wees,” het hy gesê.
Lees meer by Tonight
Volg Nuus24 op Twitter