Robert Downey Jr. word weer pa
2012-02-08 12:11
Los Angeles Die akteur Robert Downey Jr. se vrou, Susan, het in 'n hospitaal in Los Angeles die lewe geskenk aan 'n babaseun.
Exton Elias Downey is Dinsdagoggend om 07:24 gebore.
"Almal is gesond en gelukkig," het 'n bron aan die tydskrif People gesê.
Downey het 'n 18-jarige seun, Indio, uit 'n vorige huwelik.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter