Robbie Williams trou
2010-08-12 12:51
Die Britse popster Robbie Williams en sy vriendin, Ayda Field, is tydens ‘n prettige affêre by Robbie se huis in Los Angeles getroud, berig Hello! tydskrif.
Die verliefde paartjie het hul nuus eksklusief met Hello! gedeel.
Met Robbie wat een van Brittanje se grootste popsterre is, sou die troue nooit ‘n tee-en-koeksister-gedoente wees nie. Dit was ‘n streng nie-tradisionele troue.
Die strooimeisies is vervang met die paartjie se agt honde en die gaste is eers oomblikke voor die aanvang van die seremonie meegedeel dat die partytjie ‘n James Bond-tema sou hê.
Robbie het ook sy trefferlied Angels gesing, wat die gaste laat opstaan en spontaan laat saamsing het.
Robbie kon ook nie sy emosies in toom hou toe hy sy bruid op hul troudag sien nie.
Lees meer by Hello!