Robbie Williams – die musikale blyspel
2011-01-27 10:20
Kaapstad - Robbie Williams het dié week ’n kontrak geteken om toestemming te gee dat sy musiek gebruik word om ’n musiekblyspel te vervaardig.
Hierdeur volg hy in die voetspore van groot name soos Queen en ABBA. Hy het nog altyd van West End-musiekblyspele gehou en is baie opgewonde oor dié projek, berig die Britse koerant, The Sun.
Robbie voel geëerd dat hulle sy musiek uitgesonder het vir so ’n groot produksie.
We Will Rock You van Queen en Mamma Mia! van ABBA het albei reuse-sukses as musiekblyspele behaal. Nóg ’n musiekblyspel wat volgende jaar op die planke sal wees, is Viva Forever, wat bestaan uit liedjies van die Spice Girls.
- Vir meer inligting besoek Sarie.
- Volg Nuus24 op Twitter.