Rihanna sê nee vir X-Factor
2011-04-14 22:00
Los Angeles – Die Amerikaanse sangeres Rihanna het ‘n kans om The X Factor te
beoordeel van die hand gewys.
Sy sou blykbaar baie graag wou, maar moes die aanbod van die hand wys weens haar besige toer-skedule.
“Ja, dit is iets wat ek baie graag sou wou doen.
“Maar ons program laat dit nie toe nie en
daardie program het ‘n besige skedule.
“Mens moet vir maande aan een beskikbaar wees,
en dis onmoontlik vir my,” het sy gesê.
Tot dusver is Simon Cowell en L.A Reid as
beoordelaars bevestig.
Die voorlopige oudisies vir die Amerikaanse
weergawe van X-Factor, het reeds in Miami, Los Angeles en New York begin.
Volg Nuus24 op Twitter.
- BangShowBiz