Rihanna ontken gerugte oor seksvideo
2011-08-26 15:04
Los Angeles – Rihanna geniet dit dalk om oor seks te sing en sy dra wel sexy klare op die verhoog, maar die sanger sê daar is geen video wat wys dat sy seks het met die rap-kunstenaar J. Cole nie.
Sy het Woensdag op mediaberigte gereageer wat beweer het die tydskrif Hustler is in besit van so ‘n opname.
“Ons glo julle nie, julle kort meer mense... en natuurlik ‘n regte seksvideo! #slownewsday,” het Rihanna op Twitter gesê.
Die 26-jarige J. Cole het ook op Twitter gereageer: “Skinder, skinder... hou net op.”
Cole het onlangs in Rihanna se Loud-toer opgetree en sal in September sy debuut-album, Cole World: The Sideline Story, uitbring.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters