Rihanna niks te sê vir Bieber
2011-05-24 18:57
Los Angeles - Die tiener-hartebreker Justin Bieber was volgens berigte deur die popster Rihanna se veiligheidswagte belet om by die Billboard-musiektoekennings in Las Vegas met haar te gesels.
Die 17-jarige was glo erg ontsteld ná hy weggestuur is toe hy probeer het om die sangeres, 23, te nader.
"Justin dink Rihanna is die mooiste vrou op aarde en uiters talentvol," het 'n bron aan die Britse koerant die Daily Mirror gesê.
"Die twee van hulle het vroeër die aand gesels terwyl Justin se meisie, Selena [Gomez] woedend toegekyk het. Rihanna se vriende het haar later kom haal," het die bron gesê.
"Hulle het later hulle gesprek hervat, maar toe Justin met haar wou gaan praat tydens die hoogtepunt van die seremonie, het haar lyfwagte hom weggewys en gesê 'los dit.'
"Justin het baie ontsteld gelyk – hy het gedink hulle is vriende," het die bron gesê.
- Lees hier meer.
- Volg Nuus24 op Twitter.