Rihanna die sexyste, sê Esquire
2011-10-11 19:56
Los Angeles – Die aanloklike sanger Rihanna is deur die
manstydskrif Esquire as die wêreld se sexyste vrou aangewys.
Rihanna, wat oorspronklik van Barbados afkomstig
is, se enigste kompetisie vir dié gesogde titel was Katy Perry.
Sy het egter in ‘n onderhoud met die tydskrif
gesê dat sy glad nie haar wellustige vertonings as "sexy" beskou nie.
“Wanneer ek klaar opgetree het, voel ek nie soos
‘n seksbom nie,” het Rihanna gesê.
“Regtig, ek dink nie eers daaraan nie.”
Ander hoopvolles op Esquire se lys was die
aktrises Emma Stone, Rosie Huntington-Whiteley, Mila Kunis, Vera Farmiga en Maria
Bello, sowel as die sanger Beyonce en die doelwagter vir Amerika se nasionale
vrouesokkerspan, Hope Solo.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA