Ricky red die kinders
2009-11-20 00:54
Cologne, Duitsland – Die Latynse superster, Ricky Martin, en die Duitse uitsaainetwerk, RTL, span kragte saam om ‘n jeugsentrum vir kinders in Puerto Rico te bou.
Martin, wat al menigte Grammy-toekennings ingepalm het, het Donderdag bevestig dat hy en RTL ‘n spesiale fondsinsameling op televisie sal hou op geld vir die sentrum in Loiza, Puerto Rico in te samel.
“Die hoofdoel van hierdie projek is om ‘n veilige skuiling vir kinders te skep,” het Martin gesê.
–Sapa