Ricky Martin wil aanneem
2010-12-23 14:20
Los-Angeles – Die sanger Ricky Martin oorweeg dit om ’n baba aan te neem, berig contactmusic.com.
In 2008 het die Livin’ La Vida Loca-sanger twee seuns, Matteo en Valentino, deur ’n surrogaat-ma verwelkom.
Martin was vroeër vanjaar in die kollig toe hy aangekondig het hy is gay.
“Alhoewel ek hiermee (surrogasie) begin het, is aanneming my volgende stap…”, het hy aan TV show Extras gesê.
- Lees die volledige storie hier
Volg Nuus24 op Twitter