Ricky Martin speel in Evita
2010-06-10 14:09
Kaapstad – Die Latynse popster Ricky Martin gaan in 2012 na Broadway terugkeer met 'n verskyning in Evita, het vervaardigers gesê.
Martin sal die rol van Che in die Andrew Lloyd Webber- en Tim Rice-musiekblyspel speel, wat gebaseer is op die lewe van Eva Peron, die Argentynse presidentsvrou.
Die 38-jarige Martin, wat vroeër erken het hy is gay, het in 1999 bekendheid verwerf met sy treffer 'Livin' la Vida Loca'.
- Vir die volledige storie, besoek Reuters.
- Volg Nuus24 op Twitter.