Rian sê ekskuus vir Nuwe Hoop

2012-02-09 08:00
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Rian van Heerden, nuwe Jacaranda 94.2-omroeper, het Woensdag op die lug om verskoning gevra omdat hy geïmpliseer het “breindooie” mense gaan na die Nuwe Hoop-skool in Pretoria.

Sy aanmerkings het talle klagtes ontlok, het Jenny Griesel van die radiostasie gesê.

Dawie Harmse, hoof van Nuwe Hoop, het bevestig dat ’n klag by die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKSA) ingedien is.

Dié skool onderrig leerlinge met serebrale gestremdheid, fisieke gestremdhede, metaboliese afwykings of sindrome en ernstige spesifieke leergestremdhede.

Van Heerden het Dinsdag ’n kompetisie tussen die nuwe YouTube-sensasie André van Wyk met sy liedjie “My taal” en ’n fiktiewe Sixteen (7), dogter van Yo-Landi Vi$$er van Die Antwoord, van stapel gestuur.

Die fiktiewe Sixteen het ’n liedjie met talle skelwoorde, wat uitgedoof is, gesing. Lesers kon vir die beste liedjie stem.

’n Luisteraar wou toe per e-pos weet hoekom die woorde uitgedoof is. Dit is skadelik vir kinders omdat hulle die woorde in elk geval kan raai, lui die e-pos.

Van Heerden het Woensdag in sy verskoning gesê: “Ek het uit frustrasie gesê: ‘Ek wens mense wil verder as hul neuse leer dink en na ’n instelling gaan wat hulle leer om hul brein beter aan te wend.’

“Ek het na breindooie mense verwys. Die eerste instelling wie se naam in my kop gekom het, was dié van die Nuwe Hoop-skool. Daardeur het ek geïmpliseer dat breindooie mense na die Nuwe Hoop-skool gaan. Dit is glad nie waar nie. Baie kinders met fisieke gestremdhede woon ook dié skool by. Daarom bied ek my onvoorwaardelike verskoning aan.

“Ek het nie besef hoe my woorde mense by dié skool geraak het totdat een van my oudste en beste vriendinne ’n klag by Jacaranda ingedien het nie. Haar kind is ’n leerling aan die Nuwe Hoop-skool en sy het gesê sy was so kwaad, sy was in trane,” het Van Heerden gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: rian van heerden  |  bekendes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
57 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

mdegrobler sê... Fantastic!!!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

ACCOUNTS CLERK

Cape Town, South Africa
Quantex Executive Recruitment
Market Related

MIS Data Analyst

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R30000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

BT-50 3.0 CRDi Drifter SLE D-Cab Dsl PU MY07
2010
R 259,990.00

CHEVROLET

CAPTIVA 2.2D LTZ 4X4 AT
2012
R 424,000.00

VOLVO

S40 2.4i
2007
R 230,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Ghost Recon Future Soldier

Vanaf: R349.95

Beplan, vernietig, infiltreer. Verloor jouself in die toekoms van oorlogvoering, word 'n Future Soldier met Gost Recon.Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.