Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Riaan vir boek én troureëlings in Bfn

2012-04-12 07:01
Tweets Share Share line Print

Die veteraan-nuusleser Riaan Cruywagen (67) was nie net Dinsdag in Bloemfontein om sy nuwe boek Wat’s Nuus? bekend te stel nie. Hy het ook die troukaartjies vir sy dogter se aanstaande skoonfamilie in die Rosestad gebring.

Cruywagen en sy vrou van 41 jaar, Riana, se enigste kind, Anita, trou op 14 Julie met Nardo Bornman, ’n oud-Bloemfonteiner wie se gesin nog hier woon.

Oor die troue van sy kind sê Cruywagen: “Ek is bly my dogter trou met ’n Vrystater, ’n man van goeie stoffasie.”

Cruywagen se ma, Christie, was ook ’n Vrystater. Sy is op Lindley gebore.

Bornman, ’n nywerheidsontwerper en projekbestuurder, sê hy het nie geweet wie Anita se pa is toe hulle in Johannesburg deur ’n gemeenskaplike vriendin aan mekaar voorgestel is nie.

Hy dink sy aanstaande skoonpa is ’n merkwaardige man met interessante stories.

Dit sal albei se tweede huwelik wees.

Anita, ’n onderwyseres, se kind, Tiaan Hatting, en Bornman se kind, Emma, is in dieselfde skool. Hulle is albei vier-en-’n-half en is beste maatjies.

“Hulle is soos ’n tweeling,” sê Nardo.

Hy sê hy en Anita is baie opgewonde oor die troue.

“Anita het sover die meeste van die reëlings getref; ek probeer maar help waar ek kan.”

Sy aanstaande skoonpa het die troukaartjies vir sy ma, Rita, en broer, Conrad, saamgebring.

Talle Bloemfonteiners het die boekbekendstelling in Mimosa Mall bygewoon en geluister na Riaan en ds. Petrus Kühne, van die NG gemeente Universitas-Wes, se gesprek oor die boek. Kühne het namens die uitgewer Naledi met Riaan gepraat oor sy boek, sy lewe en loopbaan.

Johnny le Roux, nasionale bemarkingsbestuurder van Naledi, sê die eerste oplaag van 10 000 boeke is uitverkoop nog voordat die boek verskyn het.

Cruywagen, wat in Maart verlede jaar met die skryf daarvan begin het, sê: “Dit is wonderlik om hom (die boek) in my hande te hê; ek moet hom nou nog net lees.”

– Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: riaan cruywagen  |  bekendes
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Daniel sê... asook Nadine Gordimer en JM Coetzee - 2 kere Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Centurion - 17:12 PM
    Road name: N14 Westbound
    DELAYS through the Brakfontein Interchange towards the R55 exit
  • Thursday Parktown - 17:10 PM
    Road name: M1 Southbound
    DELAYS between Glenhove Road and the Houghton Road exit
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.