Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Riaan sal aftree 'wanneer hy dit perfek kry'

2012-04-03 06:40
Tweets Share Share line Print

Oudtshoorn – Sy oorle’ ma het altyd gesê: Jy klim nie in ’n bad met skamel geklede meisies tensy jy ordentlik aangetrek is nie.

Só het die veteraan-nuusleser Riaan Cruywagen (67) Maandag op die RSG-verhoog by die Absa KKNK geskerts.

Cruywagen het verwys na die onlangse advertensie wat die Loerie-toekennings adverteer. Hy sit met pragtige, halfkaal meisies in ’n borrelbad, maar is self “ge-collar en ge-tie”.

Cruywagen is op die Volstruisdorp om sy nuwe boek, Wat’s nuus , bekend te stel. Hy het ná 37 jaar as Afrikaanse nuusleser op SABC2 en altesame 47 jaar in die uitsaaiwese besluit om sy lewensverhaal neer te pen.

Dit is ook Cruywagen se heel eerste besoek aan die KKNK, “want Johannesburg is mos maar ’n bietjie ver”.

Die RSG-tent was stampvol en daar is by tye geskaterlag vir Cruywagen se grappies, stories en staaltjies. “Hy is immers Suid-Afrika se bekendste nuusleser ooit!” het iemand in die gehoor laat hoor.

Cruywagen het gesê iets bly hom by van bykans elke nuusbulletin wat hy lees. “As nuusleser is jy nie ’n masjien nie; jy is ook ’n mens van vlees en bloed. Dit is belangrik om te kan onderskei tussen emosie en deernis.”

Johan Rademan, RSG-aanbieder, wou by Cruywagen weet hoe hy voel oor die humoristiese status wat hy veral onder jong mense gekry het.

Cruywagen het laggend geantwoord dit is ’n “wonderlike afwisseling” van die ernstige nuus lees.

“Toe die regisseur van die advertensie my aanvanklik gebel het, het ek gedink hy gaan my superponeer.

“Hulle was toe ernstig oor die storie. Toe ek daai pak aangetrek en vier uur later eers uitgeklim het, was die pak vier keer kleiner.”

En die vraag van alle vrae is ook aan hom gestel: Wanneer gaan Riaan Cruywagen ophou nuus lees?

“Ek oefen nou al 37 jaar lank om die nuus te lees en die dag wanneer ek dit perfek kry, gaan ek ophou.” 

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: riaan cruywagen  |  bekendes  |  kknk
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Welkom by Nuus24,

die enigste webwerf vir ontvouende nuus in Afrikaans. Kry die varsste blik op sake rakende SA, die wêreld, sport, vermaak, tegnologie en meer, soos dit plaasvind.

www.Nuus24.com

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Tuesday Sunninghill - 08:33 AM
    Road name: Witkoppen Road Eastbound
    DELAYS between Magaliessig and Sunninghill
  • Tuesday Magaliessig - 08:32 AM
    Road name: Main Road Southbound
    DELAYS between Lone Hill and Bryanston
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

APARTMENTS / FLATS FOR SALE IN Durban, Essenwood

Apartments / FlatsR 1 199 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.