Rekordaantal tekenprente by Oscars
2009-11-12 15:12
Los Angeles – 2010 se Oscar-toekennings sien 'n rekordaantal van 20 animasieprente wat vir die gesogte goue beeldjie in ag geneem word.
Films soos Up en Cloudy with a Chance of Meatballs sowel as onafhanklike projekte soos Mary and Max het vanjaar die Oscar-komitee se aandag getrek.
In 2001 het Shrek die eerste Oscar vir ‘n vollengte animasieprent gewen.
Sedertdien het dié bedryf ‘n bloeitydperk beleef as gevolg van tegnologiese vooruitgang.
Uit die 20 films wat in aanmerking geneem word, sal vyf op die ou end benoem word vir ‘n Oscar.
Hier volg ‘n lys van die top 20 animasieprente wat 'n kans staan:
Alvin and the Chipmunks: The Squeakquel
Astro Boy
Battle for Terra
Cloudy with a Chance of Meatballs
Coraline
Disney's A Christmas Carol
The Dolphin - Story of a Dreamer
Fantastic Mr. Fox
Ice Age: Dawn of the Dinosaurs
Mary and Max
The Missing Lynx
Monsters vs. Aliens
9
Planet 51
Ponyo
The Princess and the Frog
The Secret of Kells
Tinker Bell and the Lost Treasure
A Town Called Panic
Up
- Reuters