Regter sal beslis oor Jackson dagvaardiging
2010-02-11 20:02
Los Angeles – ‘n Regter sal Donderdag beslis of die oorlede superster Michael Jackson se pa mediese rekords wat met sy seun se dood verwant hou, moet ontvang.
Joe Jackson se regsverteenwoordiger het verlede maand ‘n dagvaarding uitgereik om sy hande op al sy seun se mediese rekords van die UCLA Mediese Sentrum, waar Jackson op 25 Junie verlede jaar oorlede is, te kry.
Brian Oxman het gesê dié dokumente sal dien om te help om ‘n maandelikse toelaag aan Joe Jackson te kry. Hy sê sy kliente het die reg om meer te weet oor sy seun se dood.
Regsverteenwoordigers vir Michael Jackson se kamp vra dat die regter die dagvaardiging van die hand wys en sê dit maak inbraak op die reg tot provaatheid.
- Sapa