Regisseur vertel tere verhaal oor vigs

2010-08-03 07:39
Tweets Share Share line Print

Durban - Life, above All is ’n hart­roerende verhaal wat afspeel in die dorpie Elandsdoorn waar ’n ma en dogter die ­tragiese gevolge van MIV/vigs moet hanteer. Ná sy première op die Cannes-filmfees vanjaar is dié Suid-Afrikaanse rolprent met ’n lang staande applous begroet.

Hoe het die proses verloop om ­Allan Stratton se roman Chandra’s ­Secret in ’n draaiboek te omskep, en dan nog boonop in Sepedi te vertaal?

Die oorspronklike boek is Suider-Afrikaans generies, maar vir my was dit belangrik om die storie weer spesifiek te maak. En baie dinge het toevallig gebeur.

Ons het bande met vigsklinieke, onder meer in Elandsdoorn, op die grens van Limpopo en Mpuma­langa. Ons het na die gebied gereis en kinders – daar is heelwat vigswesies – gevind wie se verhale met die hoofkarakter s’n ooreenstem.

Dis ’n klein dorp met ’n gemeenskap wat nog heel intak is, want die rolprent handel juis oor só ’n gemeenskap met sy waardes en ­taboes.

En die onvermoë om ­mo­derne probleme, soos vigs, met ­tradisionele waardes aan te pak.

Dit is byna ’n perfekte Afrika-weergawe van white picket ­fences: Almal ken mekaar, gaan kerk toe, en tradisie speel ’n groot rol – positief, sowel as negatief.

Toe ons die hoofkarakter, Khomotso Manyaka (wat Sepedi praat), gevind het, was dit duidelik wat die taal van die rolprent sou wees.

Hoe het plaaslike mense die ­verfilming ervaar?

Dit was ’n uitdaging, maar ­fantasties om in so ’n heel ander omgewing te verfilm as waarin ek voorheen in Suid-Afrika gewerk het – ’n landelike gebied, met net een taal, wat byna suiwer gepraat word.

Verbasend genoeg was mense nie on­gemaklik met die inhoud nie; baie plaaslike mense het aktief deelgeneem en steun ­verskaf. Om die uit­eindelike produk te sien, het baie ontroer. Selfs sommige hoof­akteurs het nie gedink dit sou so kompleks wees as wat dit is nie.

Dink jy die land het al ’n kopskuif rakende vigs gemaak?

Iets wat vir my baie belangrik is, is dat ek dit nie as vigsrolprent ­definieer nie. Vigs speel ’n baie ­belangrike rol, maar dis die ­verhaal van ’n ma en dogter se ­verhouding wat ly onder die ­gevolge daarvan en die voor­oordele daaraan ge­koppel.

Daar is reuse- maatskaplike kwessies. Ek besef daar is nie ­genoeg geld nie, maar baie van die 800?000 vigswesies kry geen aandag nie, want daar is geen vol­wassene om hulle te help om ­staatstoelae te kry nie. Die gevolge van enige regeringsbesluit wat geneem word, duur ­jare om te sien. Ek dink wel die kliniek waarmee ons gewerk het, kan as ’n ­model dien van hoe dinge op ­voetsoolvlak gedoen moet word.

Kon jy by jou oorspronklike visie vir die rolprent bly?

Ek kon, maar die vervaardigers moes werklik oortuig word omdat dit in ’n Afrikataal geskiet sou word, en geen ­internasio­nale sterre daarin sou verskyn nie. Ek is bly dat ek al my flieks hier op hierdie manier kon doen, met plaaslike ­akteurs en in die tale wat gepraat moet word. Dit was ook uiteindelik ­kommersieel haalbaar, want Sony Classics gaan dit nou inter­nasionaal uitreik.

Jy werk in verskeie genres – van Duitse komedies en TV-rolprente tot Suid- Afrikaanse vollengterolprente soos Mapantsula en Hijack Stories. Hoe moeilik is dit?

Ek het nog nooit ’n probleem ­ervaar nie. Ek soek altyd die kern van die verhaal wat my emo­sioneel raak, wat iets te sê het oor die menslike aard of kondisie.

Komedie is gladnie makliker nie; in sommige opsigte is dit moeiliker as drama. Indien rolprente van ­enige ­belang in ons lewens is, is ­komedies net so belangrik vir mense se ­kreatiewe welstand.

Sien jy enige groei in die plaaslike rolprentbedryf?

Ek hoor hier is sowat 30 rol­prente die afgelope jaar in Suid-Afrika vervaardig, wat verbasend goed is. Ek dink teenspoed is goed, soos die onlangse probleme met die SAUK. Mense besef nou hulle kan nie op die uitsaaier vir finansiering reken nie, dus maak hulle ’n plan.

Ek reken Duitse vervaardigers kan hier ’n les kom leer oor hoe baie jy met bittermin kan verrig. Dit raak egter internasionaal al hoe moeiliker vir onafhanklike rolprente, want daar is minder ­onafhank­like teaters en uitsaaiers. Jy kan dalk jou rolprent op filmfeeste vertoon, maar dit gaan nie verder as dit nie.

Die draaiboek was maklik genoeg, maar die finansiering was seker moeiliker weens die resessie?

Die meeste daarvan het van Duitse rolprentstigtings ­gekom, wat nogal ’n prestasie is ­gegewe dat geen Duitse akteurs hierin verskyn nie, en dis boonop in ’n land en taal wat ver van hulle is.

    * Schmitz gaan volgende jaar ’n Duitse rolprent, Russian Disco, skiet. Dit handel oor jong Russe wat ná die Koue Oorlog na Oos-Berlyn getrek het.

Wenners

Die pryswenners van die Durbanse ­Internasionale Rolprentfees is:

Beste vollengteprent:The White ­Meadows (Iran). Regie: Mohammad Rasoulof.

Beste Suid-Afrikaanse vollengteprent:Life, Above All. Regie: Oliver Schmitz.

Beste debuut- vollengte­rolprent:Peepli Live (Indië). Regie: ­Anusha Rizvi.

Beoordelaarstoekenning vir ­beste regisseur: Debra Granik vir ­Winter’s Bone (VSA).

Beoordelaarstoekenning vir ­beste dokumentêre rolprent:Waste Land (Engeland/Brasilië). Regie: Lucy Walker, João Jardim en Karen Harley.

Waste Land is ook gekies as die ­gehoor op die Durbanse filmfees se beste rolprent, en het ook die toekenning vir menseregte deur Amnestie ­Internasionaal in Durban ontvang.

Beste Suid-Afrikaanse dokumentêre rolprent:The Cradock Four. ­Regie: David Forbes.

Beoordelaarstoekenning vir ­beste kortfilm:The Same Old Story (Spanje). Regie: José Luis Montesinos.

Beste Suid-Afrikaanse kortfilm:­In A Time Without Love. Regie: Mark Strydom.

Beste akteur: Sebastian Hiort af ­Ornäs as Sebbe in Sebbe (Sweden).

Beste kinematografie: Odyssey Flores vir Lola (Filippyne).

Beste draaiboek: Efthymis Filippou en Giorgos Lanthimos vir ­Dogtooth.

Spesiale beoordelaarsver­melding:Imani (Uganda). Regie: ­Caroline Kamya

Spesiale vermelding vir dokumentêre rolprent:Mugabe and the White African (Engeland). Regie: Lucy Bailey en Andrew Thompson.

Spesiale vermelding vir kortfilm:The Abyss Boys (Suid-Afrika). Regie: Jan-Hendrik Beetge.

- Die Burger

Lees meer oor: rolprente  |  vermaak

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ...en Louis... as ek ek jou so kyk..jy hou van morsige dinge, soos grappe, vieslike mense ens. Jy krul van die lekkerkry! Nie goeie morele waardes nie en 'n aanwins vir die siekes. Nou, hoe kan jy my blameer as ek jou nie aanvaar met jou "Vrye keuses" nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,995.00

CHRYSLER

PT Cruiser Limited 2.0 AT MPV
2000
R 59,990.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2000
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.