Reeks sal drinkery aanvat
2010-03-19 04:25
Kaapstad - Die tiende seisoen van Soul City begin Maandagaand op SABC1 en sal gebruik word om ‘n belangrike veldtog te loods.
Dié program is die tweede mees gekykte program in die land. Dit sal gebruik word as platform vir die Phuza Wize-veldtog.
Dié veldtog wil die manier wat Suid-Afrikaners drink verander. Hul leuse is “Drink veilig, leef veilig”.
Dit beoog om veilige drinkplekke te skep en ook alkohol-vrye omgewings aan te moedig. Dit wil ook die geweld wat gereeld met alkoholmisbruik gepaardgaan, verminder.
Phuza Wize se doelwitte sal in die vorm van ‘n nuwe gesin in dié reeks, en hul ondervindinge, op dié program uitgelig word.
Kliek hier vir die volledige storie.