Ray Dylan 'n seuntjie ryker
2012-01-23 11:01
Kaapstad – Die Afrikaanse sanger Ray Dylan en sy verloofde, Jeanine Victor, het Saterdagoggend die trotse ouers van 'n babaseun geword, het sy agent, Jani Claasens, op Facebook gesê.
Volgens Claasens is die seuntjie om 07:14 gebore.
Gelukwensings vir Dylan en Victor het op die sosiale netwerk Facebook ingestroom.
– Kliek hier om die gelukwensings te lees.
– Volg Nuus24 op Twitter.