Rauch en Torr skep eerste musiekspel

2011-03-22 08:48
Tweets Share Share line Print

In Desember 2009 het Laurika Rauch en haar man, Christopher Torr, saam met hul vriende Johan en Alma Badenhorst gaan uiteet.

Alma het vertel hoe lief haar kinders vir die Abba-musiekspel Mamma Mia! is. Hierop het sy spontaan na Torr gedraai en gesê: “Jy weet, jy moet ’n musiekspel skryf.”

Die idee is net daar gebore en toe hulle daardie aand by die huis kom, het Torr aan’t skryf gegaan vir die produksie Stuur groete aan Mannetjies Roux, wat in Mei in Pretoria op die planke sal wees en daarna deur die land sal reis.

“Mense moet egter nie dink dit gaan presies soos Mamma Mia! wees nie,” waarsku Torr.

“Dit is nie ’n dans-extravaganza nie.” Dit handel ook nie oor die rugbylegende nie.

In die musiekspel sal grotendeels gesteun word op van Rauch se bestaande, grootste treffers wat deur Torr geskryf is.

Daar is egter ook enkele nuwe verrassings.

Die storie speel hom af op ’n Karooplaas. ’n Jong meisie, Engela, besoek haar oom-hulle se plaas. Daar ontmoet sy die geheimsinnige vreemdeling Toemaar, wat met sy donkie op die plaas aankom. Laurika vertel haar Engelssprekende man en lektor in ekonomie was allesbehalwe ’n liedjieskrywer toe sy met hom getroud is, maar later het hy vir van haar mooiste en gewildste liedjies soos “Stuur groete aan Mannetjies Roux” en “Die gang” gesorg.

Ander liedjies wat onder meer in die musiekspel ingewerk is, is “Die ballade van Jakob F de Beer” en “Ou tante Koba”.

“Wat die liedjies gemeen het, is dat dit almal oor die Karoo is,” sê Torr.

Hy het immers die Karoo in sy bloed. Hy is in Graaff-Reinet gebore en het op ’n plaas grootgeword.

Dit was vir hom van meet af aan belangrik dat die liedjies deel vorm van die storielyn en dus ’n deel van die storie vertel wat nie weer in dialoog herhaal sal word nie.

“Ek hoop mense sal verbaas wees oor die nuwe interpretasies wat daaruit kom.”

Paul Eilers is die regisseur en in die rolverdeling is name soos Ilse Klink, Isadora Verwey, Deon Lotz, Steffie le Roux, Nicole Holm en Eben Genis.

Rauch, wat ’n dramagraad het, sal die rol van ’n verteller vertolk.

Mannie Manim, ’n bekende in teaterkringe, sorg vir die beligtingsontwerp en Kosie Smit het die stel ontwerp.

Johan Badenhorst is die vervaardiger en Torr die medevervaardiger.

Janine Neethling sal saam met Clinton Zerf die musiekregie behartig.

Om getroud te wees en saam aan hierdie produksie te werk, is vir Rauch en Torr nie ’n struikelblok of twispunt nie.

Rauch vertel dat sy Torr “100% vertrou” en hom toelaat om sonder enige inmenging van haar kant aan die teks te skryf.

“Om die waarheid te sê, het ek nog skaars die finale teks onder oë gehad!”

Sy en die span akteurs begin volgende maand repeteer.

Dit is vir Torr en Rauch ’n eerste om aan ’n musiekspel van hierdie aard te werk en dit is ’n uitdaging, sê Torr.

Dit was vir hom met die skryf daarvan veral belangrik om nie te veel te herhaal nie en dat die liedjies werklik deel word van die storielyn.

“Dit is ’n storie met ’n lag en ’n traan. Soos die lewe,” sê Torr.

Stuur groete aan Mannetjies Roux is van 23 Junie tot 3 Julie in Kaapstad se Kunstekaap.

Kaartjies by Computicket.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ...en Louis... as ek ek jou so kyk..jy hou van morsige dinge, soos grappe, vieslike mense ens. Jy krul van die lekkerkry! Nie goeie morele waardes nie en 'n aanwins vir die siekes. Nou, hoe kan jy my blameer as ek jou nie aanvaar met jou "Vrye keuses" nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,995.00

CHRYSLER

PT Cruiser Limited 2.0 AT MPV
2000
R 59,990.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2000
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.