Raad staan porno-kanaal teen
2010-03-04 05:21
Kaapstad - Die Film-en-publikasieraad sal MultiChoice se besluit om ‘n 24-uur pornografie-kanaal te begin teenstaan in ‘n poging om kinders van die blootstelling aan seksuele en eksplisiete beeldmateriaal te beskerm.
Yoliswe Makhasi, die hoof uitvoerende beampte van die Film-en-publikasieraad, het Dinsdag gesê dat die raad die Onafhanklike kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) genader het om uit te vind of MultiChoice enige formele voorlegging vir die voorgestelde kanaal ingehandig het.
MultiChoice het onlangs ‘n opname gedoen om vas te stel of daar ‘n mark is vir pornografiese kanale, nadat hulle “oorstroom” is met versoeke vir sulke beeldmateriaal.
Lees die volle berig by iol