R5 milj. se kunswerke gesteel
2010-12-24 14:08
New York – Polisie is op soek na ‘n persoon wat deur ‘n muur van ‘n woonstel in New York gebreek het en honderde duisende dollar se kunswerke deur Andy Warhol en ander bekende kunstenaars gesteel het.
Die dief het glo deur ‘n muur in die gang tot in die woonstel gebreek en het weggekom met beperkte uitgawe kunswerke, horlosies en ander juweliersware ter waarde van sowat $750 000 (sowat R5 miljoen).
Die gesteelde items het die Roy Lichtenstein-werke "Thinking Nude" en "Moonscape," die Carl Fudge olieverf-kunswerk “Live Cat”, die Warhol-werke "The Truck" en "Superman" en ‘n stel van agt werke wat deur Warhol geteken is, getiteld “Camouflage”, ingesluit.
Volg Nuus24 op Twitter