Propofol glo in Jackson se drup
2011-09-29 22:15
Los Angeles – Michael Jackson se lyfwag het getuig dat hy ‘n
botteltjie van die kragtige kalmeermiddel wat Michael Jackson se dood veroorsaak het, gesien het in die sak soutoplossing wat aan sy linkerbeen gekoppel was, berig Sky News.
Alberto Alvarez het op die derde dag van die
hofsaak teen Michael Jackson se privaat-dokter, Conrad Murray, getuienis gelewer.
Hy het getuig dat hy in die oomblikke voor die
superster se dood ‘n klein botteljie Propofol in die soutwater-oplossing gesien
het.
“Daar was ook wit, melkerige vloeistof wat onder in
die soutwater-oplossing gedryf het,” het Alvarez bygevoeg.
Murray se verdedigingspan dring daarop aan dat
Michael Jackson op die dag van sy dood die Propofol, ‘n kragtige kalmeermiddel, aan homself toegedien het.
“Wat die aanklaers voorstel, is dat Dr. Murray
die Propofol in die soutwater-oplossing gesit het sodat dit outomaties toegedien
kon word,” het advokaat Michael
McParland verduidelik.
“Indien dit waar is, is dié ‘n verdoemende
getuienis.
“Propofol moet slegs binne ‘n hospitaal gebruik
word en hoegenaamd nooit sonder om die pasiënt konstant te monitor nie,” het McParland
gesê.
Verder het Alvarez getuig dat dr. Murray hom
gevra het om die talle botteltjies medisyne langs Michael Jackson se bed in ‘n
sak te gooi vóór die ambulansbeamptes kom.
“Ek het aanvanklik gedink dis om saam te neem
hospitaal toe.
“Dr. Murray is ‘n dokter. Ek het hom vertrou,” het Alvarez gesê.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.