Prins nooi Elton dalk nie
2011-01-26 07:38
Los Angeles. – Sir Elton John en prinses Diana was dalk groot vriende, maar hy hou nie sy asem op dat hy na haar seun, prins William, se troue genooi gaan word nie.
“Ek dink mense neem outomaties aan ek gaan genooi word vanweë my verhouding met prinses Diana,” het John gesê.
Prins William en Kate Middleton gaan op 29 April in die Westminster-abdy in Londen trou.
John het een van sy vroeë treffers, “Candle in the Wind”, herskryf om by prinses Diana se begrafnis in 1997 te sing ná haar dood in ’n motorongeluk.
John het gesê hy ken nie haar seuns, William en Harry, goed nie, dus sou dit voorbarig wees om uitsprake oor hulle te maak.
Hy wens prins William en Middleton nietemin die beste vir hul troudag toe.
Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters