Prins William 'hartseer' oor bostuklose foto's
2012-09-17 15:27
Londen – Brittanje se prins William het belowe sy vrou, Catherine, sal nie onder die media ly soos sy ontslape ma, prinses Diana, nie.
Die hertog van Cambridge het glo woedend gereageer nadat foto's van Catherine waar sy sonder 'n bostuk verskyn in die Franse tydskrif Closer gepubliseer is.
Die foto's is geneem op 'n private koninklike vakansie.
William wil nou glo alles in sy vermoë doen om Catherine se privaatheid te beskerm. Bronne na aan hom sê hy wil nie hê die hertogin van Cambridge moet oral waar sy gaan deur fotograwe afgeneem word soos prinses Diana nie, het Bang Showbiz berig.
Vivienne Parry, 'n baie goeie vriendin van Diana, het aan die Daily Mirror gesê: "Hy het sy ma aan buitelandse fotograwe verloor; hy sal definitief alles in sy vermoë doen om te verhoed dat dieselfde ding met Kate gebeur.
"Moet nie vir 'n oomblik dink dat William, wat baie doen om Kate te beskerm, dit net daar gaan laat nie. Hy het seker gemaak sy word deur 'n wonderlike span omring en hulle het tyd alleen in Anglesey deurgebring om haar te help om aan te pas.
"Daar mag dalk 'n tyd gewees het wat fotograwe met foto's van die koninklike familie kon wegkom omdat hulle nooit regsaksie geneem het nie, maar William is anders. Hy gaan Kate beskerm. Dit is sy plig teenoor haar en ook teenoor die nagedagtenis van sy ma."
William en Catherine ná die publikasie van die foto's in 'n verklaring gesê hulle is "baie hartseer" dat hul privaatheid geskend is.
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.