Pous sal op Kersalbum sing
2009-07-31 11:30
Londen - Die stem van Pous Benedictus XVI sal op ‘n album wat net betyds vir Kersfees beskikbaar sal wees, gehoor kan word.
Volgens die musiekmaatskappy Geffen UK/Universal sal die Pous (82) op die album in Latyn, Italiaans, Portugees, Frans en Duits sing en praat.
Die album, ‘n mengsel van gebede en klassieke musiek word met die pous se goedkeuring op 30 November vanjaar vrygestel.
Pous Benedictus XVI se stem sal saam met die koor van die filharmoniese-akademie in Rome, wat by die St Peter Basilica in Rome opgemeen is, verskyn.
- Sapa