Pornografie op DStv?

2010-02-24 06:59
Tweets Share Share line Print

Thinus Ferreira

Kaapstad – MultiChoice oorweeg dit om pornografie uit te saai, sowel as die moontlikheid om nuwe sekskanale op DStv se satelliet-betaaltelevisiediens te skep.

“MultiChoice is die afgelope paar maande oorval met versoeke vir volwasse inhoud op DStv,” het Jackie Rakitla, hoofbestuurder van korporatiewe sake by MultiChoice, gister by navraag gesê.

“In dié stadium doen ons slegs navorsing om vas te stel hoe groot die belangstelling in volwasse inhoud is en kyk ons na die uitvoerbaarheid van so ’n diens.”

In e-pos vir marknavorsingdoeleindes toets MultiChoice die belangstelling in verskillende uitsaai-opsies soos “gemengde pornografie” op DStv (harde pornografie tussen 21:00 en 05:00 en sagte pornografie tussen 05:00 en 21:00), harde pornografie 24 uur per dag, of sagte pornografie 24 uur per dag.

Respondente word ook gevra wat hulle dink die impak op die beeld van MultiChoice en DStv as handelsnaam sal wees.

“Geen besluit is nog geneem nie,” het Rakitla gesê. “Wanneer ons die mate van belangstelling en die uitvoerbaarheid van so ’n diens vasgestel het, sal ons ’n finale besluit neem.”

MultiChoice wou nie antwoord op die vraag wat die impak op die uitsaaier se beeld sal wees nie.

Die gratis TV-diens e.tv, wat ’n ruk gelede die uitsending van laatnag-erotika op Vrydae en Saterdae gestaak het, het gister gesê dit is gedoen omdat “e.tv programinhoud gedurig hersien”.

- Beeld

Hoe voel jy oor dié saak? Gee hier jou mening.

Lees meer oor: pornografie  |  dstv

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... Nou toe nou! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Showers early. More sun than clouds. Warm.
Jhb: 17-26°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 19-29°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 20-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Tucson 2.0 GLS MY07
2006
R 119,100.00

FORD

Figo 1.4 Ambiente 5-dr
2011
R 99,900.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 190,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.