Porno-ster val kollegas glo met panga aan
2010-06-02 18:39
Los Angeles – ‘n Manlike porno-ster het glo een van sy kollegas vermoor en twee ander met ‘n panga beseer tydens ‘n laataand stryery by ‘n film-ateljee in Los Angeles.
Volgens Joel Price, polisie-speurder, het die verdagte glo reeds verskeie maande in die ateljee gewoon, toe sy kollegas hom verplig het om alternatiewe planne te maak.
Steven Hill het glo Dinsdagaand na verfilming een van sy kollegas agter die ateljee met ‘n panga aangeval.
“Die ander akteurs het die slagoffer se noodkrete gehoor en hom te hulp gesnel. Hill het hulle egter ook met die panga, wat in een van die films gebruik is, aangeval," het Price gesê.
Hill het glo op die vlug geslaan.
Een van die slagoffers het in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Die slagoffers se name is nog nie bekend nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP