Porno-akteur toets MIV-positief
2010-10-14 02:24
Los Angeles – ‘n Porno-akteur het by ‘n kliniek in Kalifornië positief getoets vir MIV, wat gevolglik daartoe gelei het dat al die persoon se bedmaats getoets en in kwarantyn geplaas moet word indien hulle moontlik blootgestel is.
Volgens die Los Angeles Times is die identiteit en geslag van die akteur nog nie bekendgemaak nie, maar die persoon is by die Adult Industry Medical Healthcare Foundation, ‘n kliniek in San Fernando Vallei wat spesialiseer in akteurs in die multimiljard-dollar vermaaklikheidsindustrie, behandel.
Jennifer Miller, woordvoerder vir AIM, het gesê dat die kliniek besig is om individue wat moontlik ook geraak is deur die infeksie in kennis te stel.
‘n Vrou het verlede jaar onmiddellik nadat sy ‘n volwasse fliek gemaak het positief getoets vir MIV en in 2004 het ‘n uitbraak van MIV verskeie akteurs geraak, wat daartoe gelei het dat verfilming by talle ateljees in Kalifornië gestaak was.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP