Porno-TV: Regsoorlog breek uit

2011-12-07 07:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ’n Oorlog het uitgebreek nadat African Satellite Installations (ASI) aangekondig het dat ’n nuwe 24 uur-pornografiekanaal van volgende maand af plaaslik beskikbaar is.

Suid-Afrikaners sal van middel Januarie af hardgebakte pornografie op die Franse Porn Satellite TV (PSat) kan sien mits die gebruiker ’n ekstra dekodeerder en slimkaart teen R99 aanskaf, het John Solomon van ASI geadverteer.

TopTV, wat reeds om ’n lisensie van die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) aansoek gedoen het om pornografie op drie video-kanale uit te saai, wil ’n regsgeding teen PSat aanhangig maak en beskuldig die kanaal van wanvoorstelling en misbruik van die TopTV-handelsmerk, het mnr. Marius Liebenberg van TopTV gesê.

“PSat moedig kopers van dié kanaal aan om hul TopTV-dekodeerders te ontkoppel (wanneer hulle na die PSat-kanaal wil kyk), maar sê nie aan gebruikers dat dit onwettig is nie. Dié optrede skend TopTV se regte.”

Volgens Solomon het TopTV geen gronde vir ’n regsgeding nie. “Die Franse kanaal is reeds drie jaar lank aan Afrika-lande bekend en ek hoef nie ’n lisensie daarvoor te bekom nie. Ek is ook net die verspreider van die dekodeerder en nie die uitsaaier of die eienaar van die kanaal nie.

“Verskeie kanale, soos TopTV en PSat, huur ruimte op die Astra 4A-satelliet. Dekodeerders wat plaaslik te koop is, kan egter net sekere kanale opvang. Al wat ek doen, is om ’n dekodeerder te verkoop wat onder meer dié pornografiekanaal kan opvang.”

Meer as 2 500 belangstellendes het Solomon glo reeds gekontak.

Volgens Paseka Malek, Okosa-woordvoerder, het Solomon egter wel rede tot kommer.

“Dit is nie duidelik van waar dié dekodeerders kom nie. Okosa moet die invoer van dié toerusting eers goedkeur voordat dit versprei kan word.

“Daarby het Okosa nie ’n aansoek om ’n lisensie vir die verspreiding van pornografie deur PSat ontvang nie. Omdat kykers moet inskryf op die kanaal is dit onderhewig aan Okosa se goedkeuring.”

Malek het gesê TopTV se lisensie om pornografie uit te saai, is nog nie toegeken nie.

Ook prof. Kobus van Rooyen van die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (Ukksa) het gesê alle kanale wat plaaslik uitgesaai word, is onderhewig aan die kommissie se gesag.

“Subskripsiekanale wat direk van die buiteland uitsaai, is nie onderhewig aan sulke streng reëls nie. Daar is egter perke soos haatspraak, eksplisiete X18-seks en sinlose geweld.”

– Volg Nuus24 op Twitter

 

- Beeld

Lees meer oor: toptv  |  pornografie  |  seks  |  televisie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ...en Louis... as ek ek jou so kyk..jy hou van morsige dinge, soos grappe, vieslike mense ens. Jy krul van die lekkerkry! Nie goeie morele waardes nie en 'n aanwins vir die siekes. Nou, hoe kan jy my blameer as ek jou nie aanvaar met jou "Vrye keuses" nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,995.00

CHRYSLER

PT Cruiser Limited 2.0 AT MPV
2000
R 59,990.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2000
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.