Pop-sterre span saam om Haïti te help
2010-01-23 22:21
Miami - Juanes, Shakira, Paulina Rubio, Daddy Yankee, Gloria Estefan, Ricky Martin en talle ander Latynse pop-sterre het ingestem om op ’n spesiale uitgawe, aangebied deur die Spaanstalige televisiestasie, Univision te verskyn om geld in te samel.
Die geld wat deur die vier ure lange, regstreekse variëteitsprogram ingesamel word, sal aan die Amerikaanse Rooi Kruisvereniging geskenk word om Haïti-slagoffers te help.
Die program, "Giant Saturday," gaan beeldmateriaal van reg oor Amerika, asook Mexiko en Haïti wys wat deur die gasaanbieder Don Francisco, beter bekend as Mario Kreutzberger vroeër vandeesweek besoek is.
Die program sal in tien lande uitgesaai word.
-Sapa-AP