Poniekoerante om die bos gelei
2009-10-15 18:51
Londen - ‘n Britse filmmaker het van die land se top poniekoerante bedrieg deur valse stories oor beroemdes, soos Amy Winehouse se haardos wat aan die brand geslaan het, aan hulle te gee.
Chris Atkins en sy span het fop oproepe na een van die mees gewildste poniekoerante gemaak waartydens hulle vertel het van ‘n bekende sangeres wat glo ook ‘n heks is.
Hulle het die volgende dag dié storie in die koerant gesien en die feite is duidelik nie nagegaan nie.
Die storie van die sangeres, Amy Winehouse wat se hare aan die brand geslaan het, het in twee groot poniekoerante verskyn voordat dit op die internet geplaas is, het Atkins aan die Guardian vertel.
"Ons wou gekyk het hoeveel waarheid daar in van die stories is wat in dié koerante geplaas word," het die regisseur gesê.
"Ons wou veral gesien het hoeveel joernaliste hulle feite na gaan. Daarom het ons stories opgemaak.
"Nie een storie se feite is nagegaan nie. Almal is geplaas.
Hulle kon binne minute geweet het die stories is onwaar.”
Atkins het wel gesê hulle is baie geld vir die stories aangebied, maar het dit nooit aanvaar nie.
-Sapa-AFP