Pomp net waar jy wil

2010-01-19 12:38
Tweets Share Share line Print

Pomp; Morning After uitgawe.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Herman Eloff

Resensie: Pomp Joernaal 09 (Griffel)

Kaapstad – Geniet hom op die strand. Span uit met hom op jou bed. Verlustig jou in hom by die koffiewinkel. Bestudeer hom skelmpies in jou sitkamer. Hy beloof om jou ure se genot te verskaf.

Pomp; Morning After uitgawe is die tweede uitgawe van dié uiters suksesvolle Afrikaanse joernaal. Dikker as ‘n Etienne van Heerden novelle en met meer foto’s as die laaste uitgawe van Insig is hierdie ‘biblioteek van gedagtes’ ‘n moet-hê vir enigiemand wat hou van lees in ons moeder van tale.

Die beste van alles is dat Pomp gerieflik in jou skouersak inpas en ‘n aangename reisgenoot maak. Hy kan net so gemaklik op jou bedkassie lê of sy plek volstaan op jou boekrak.

Reeds van eerste oogopslag vang die joernaal jou aandag met sy verleidelike aardsheid en smaakvolle uitleg. Die visuele aspek word nooit afgeskeep nie en komplementeer die insiggewende skryfwerk.

Skrywers waag dit om buite hulle genre en gemaksone te beweeg. So skryf Joan Hambidge oor die Boere-oorlog en na verbasing pis Deon Maas niemand af met sy artikel oor Rwanda nie. Dit is egter Erns Grundling se interessante kykie na die lewe van rofstoeiers in Suid-Afrika wat die show steel.

Charlene Truter, Anna Davel, David Kramer, Laurinda Hofmeyer en Lize Beekman praat prontuit oor hulle hartsake terwyl onbekendes ook kans kry om hulle stories te vertel.

Pomp probeer jou nie beïndruk met sy intellektuele vlak nie. Hy wissel gemaklik van lekker-lees-stories tot ernstige artikels. As jy hou van boeke, fotografie, kuns, letterkunde, musiek, ontwerp, reis, sport of wyn, moet jy eenvoudig vir jou ‘n Pomp kry.

Die enigste probleem wat ek met hierdie joernaal het, is die feit dat hy slegs eenmaal ‘n jaar uitkom.

Maar geniet hom happie vir happie, sodat hy storie vir storie soos sjokolade roomys langs die swembad in jou mond wegsmelt.

Uitgewer: Griffel Media

Koste:
Beskikbaar teen R 207.00 op Kalahari.net 

–Nuus24
 

Lees meer oor: vermaak  |  resensie  |  afrikaans  |  boeke

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Sfeil bultjie om te klim. bewys na twaa;f jaar? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.