Politikus se dogter in TV-reeks
2010-02-25 01:30
New York – Bristol Palin, die enkellopende tiener-ma en oudste dogter van die gewese vise-presidentskandidaat Sarah Palin, gaan in ‘n TV-reeks speel wat oor tienerswanerskap handel.
Palin (19), wie se swangerskap groot omstredenheid in 2008 tydens haar ma se veldtog veroorsaak het, gaan haarself in die derde reeks van die gewilde drama-reeks The Secret Life of the American Teenager speel.
Palin het in Desember 2008 geboorte geskenk aan haar seun Tripp en verlede jaar met Levi Johnston, die pa van die baba, opgebreek.
Sy sal haarself vertolk as die vriendin van die 16-jarige Amy, wat aan moederskap en hoërskool se vereistes moet voldoen.
Die reeks, wat aanvanklik nie baie goed gedoen het nie, is tans een van die gewildste jeugprogramme op Amerikaanse televisie.
- Reuters