Polisie vind gesteelde kunswerke
2010-07-01 05:17
Marseille – Die Franse polisie het talle kunswerke gevind wat verlede jaar van ‘n private versameling gesteel is, insluitende ‘n werk deur Pablo Picasso wat €180 000 (sowat R1,7 miljoen) werd is, het ‘n bron Woensdag gesê.
‘n Totaal van 27 uit die 32 skilderye is Dinsdagaand in La Ciotat ontdek.
Die kunswerke is op 30 Desember by ‘n privaat villa naby La Cadiere d'Azur gesteel.
Een persoon is in hegtenis geneem en ‘n ander verdagte is in Thailand opgespoor.
Die totale waarde van die gesteelde items is €500 000 (sowat R4,9 miljoen) en sluit ‘n skets deur Picasso in.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP