Polanski keer terug na Frankryk
2010-07-27 10:47
Kaapstad – Die filmregisseur Roman Polanski het vir die eerste keer sedert sy vrylating na sy huis in Frankryk teruggekeer nadat hy in Switserland onder huisarres was.
Polanski het vroeër vandeesmaand sy vryheid verkry nadat beamptes in Switserland ‘n versoek deur Amerikaanse staatsaanklaers verwerp het om hom weens ‘n seksklag uit te lewer.
Hy is verlede jaar September in Zurich in hegtenis geneem.
Polanksi het sy eerste publieke verskyning as ‘n vry man op 17 Julie gemaak tydens ‘n musiekfees in Switserland om sy vrou, die sangeres Emmanuelle Seigner te ondersteun.
Hy is Sondag weer in die strate van Parys gesien toe hy, sy vrou en hul seun Elvis ‘n restaurant besoek het.
- Vir die volledige storie besoek IMDB.
- Volg Nuus24 op Twitter.