Playboy-baas raas met Tiger
2010-04-17 08:05
Los Angeles - Hugh Hefner mag dalk al ’n string meisies op ’n slag gehad het, maar hy sal nooit verneuk nie.
Die Playboy-ikoon stem nie saam met die omstrede gholf-ster, Tiger Woods se aksies nie.
Hy het gesê Woods moes sy belofte wat hy aan sy vrou gemaak het, gerespekteer het.
Volgens die webwerf, International Business Times het Hefner (84) gesê Tiger se verskoning dat hy ‘n seks-verslaafde is, slegs ‘n “uitweg” vir hom is.
Hefner het ook gesê hy sal nooit iemand verneuk nie, al word hy heeldag deur mooi meisies omring.
"Wanneer jy trou, maak jy ‘n belofte aan iemand. Ek het baie meisies gehad, maar dit is nie dieselfde as om iemand te verneuk nie."
"Ek verneuk nie. Ek is baie eerlik oor wat ek doen,” het hy gesê.
-Sport24