Pitt wil nóg kinders hê
2011-10-24 12:06
Los Angeles – Die akteur Brad Pitt, wat reeds ses kinders saam met sy lewensmaat Angelina Jolie grootmaak, wil 'n groter kroos hê – maar nie gou nie.
Pitt het gesê hy en Jolie is glad nie haastig om hul familie uit te brei nie, maar dat dit dalk in die toekoms sal gebeur.
Volgens hom geniet hy dit om tyd saam met Maddox (10), Pax (7), Zahara (6), Shiloh (5) en die driejarige tweeling, Knox en Vivienne, deur te bring, omdat hulle hom laat lag.
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.