Pitt spandeer duisende op klere vir dogters
2010-02-27 05:37
Kaapstad – Brad Pitt het glo R70 000 spandeer op klere vir sy dogters.
Die akteur, wat ses kinders saam met Angelina Jolie grootmaak, het sy oudste dogters, Zahara (5) en Shiloh (3) op ‘n inkopietog na boetiek winkels vir kinders in Parys geneem.
Die kinders was toegelaat om hul eie klere uit te kies.
Ná die inkopietog het Brad en die twee kinders Angelina vir middagete ontmoet, waar sy besig was om haar nuwe rolprent, The Tourist te verfilm.
Vir die volledige storie besoek iol