Pitt praat oor verkoop van tweeling se foto's
2011-09-26 17:02
Los Angeles – Brad Pitt en Angelina Jolie het die regte van die eerste foto’s van hul tweeling verkoop omdat hulle wou keer dat die paparazzi ‘n wins daaruit maak.
Jolie het in 2008 geboorte geskenk aan Vivienne en Knox en die regte van die eerste foto’s van hul babas vir $14 miljoen (sowat R112 miljoen) verkoop.
Pitt het tydens ‘n onderhoud aan America’s National Public Radio gesê hy erken hulle wou eenvoudig in beheer bly oor die manier hoe hul pasgebore kinders aan die publiek bekendgestel sou word.
“Dit is ‘n baie snaakse ding om foto’s te verkoop van iets wat baie intiem en persoonlik is. Veral van diegene wat jy wil beskerm. Ons moet elke dag beplan hoe ons uit die huis gaan ontsnap net om buite en uit die huis te kom. Dis die lewe wat ons lewe en die een wat ons voor gevra het,” het Pitt gesê.
Volgens hom weet hulle tot watter uiterstes die paparazzi sal gaan net om ‘n foto te kry en dis hoekom hulle dit in die begin afgesny het.
Pitt en Jolie het die geld aan hul liefdadigheidsorganisasie, die Jolie-Pitt stigting, geskenk.
– Contact Music.
– Volg Nuus24 op Twitter.