Pitt, Jolie 'soos gevangenes’
2011-07-20 09:08
Los Angeles – Die akteurspaar Brad Pitt en Angelina Jolie lewe "soos gevangenes" weens hul beroemdheid, het die paartjie se vriend, die akteur Matt Damon, gesê.
Die Oscar-bekroonde Damon kry Pitt en Jolie jammer omdat hulle nie hulle daaglikse take in die openbaar kan verrig sonder om deur die media oorval te word nie.
“Hulle kan nie eens as ‘n familie gaan stap nie.”
Damon sê hy is dankbaar dat sy lewe met sy vrou, Luciana, en hul vier kinders, Isabella (5), Gia (2), Stella (9 maande) en Alexia, Luciana se kind uit haar vorige huwelik, nie so in die openbare oog is nie.
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.