Pink kry seer toe toertjie skeefloop
2010-07-17 14:33
Berlyn. – Die Amerikaanse popprinses Pink is gister inderhaas na ’n hospitaal in Nuremberg, Duitsland, geneem nadat die harnas waaraan sy tydens ’n vertoning geswaai het, gebreek het.
Pink (30), wat bekend is om haar akrobatiese toertjies op die verhoog, het van die verhoog afgeswaai en ’n versperring getref.
Sy het in ’n boodskap op Twitter gesê sy is “seriously sore” en het ook om verskoning gevra dat sy die konsert moes kortknip.
“Ek was nie korrek in die harnas vasgeknip nie; (dit) het my van die verhoog afgesleep en toe val ek in ’n versperring,” het Pink, wie se regte naam Alecia Moore is, op Twitter geskryf.
“Ek hoop dit het darem cool gelyk!”
Sy is uit die hospitaal ontslaan toe vasgestel is dat sy nie gebreekte bene of vloeistof op die longe het nie, het sy geskryf.
Kyk hier na die video.
Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters