Pink kry ‘n pienkvoet
2010-11-17 16:11
Los Angeles – Die sangeres Pink het op die Ellen DeGeneres Show bevestig dat sy wel swanger is, het People.com berig.
Gerugte doen al vir ‘n geruime tyd die ronde dat Pink en haar man, Carey Hart, hul eersteling verwag. Na bewering sal hulle binnekort ‘n dogter ryker wees.
“Ek wou nie dadelik iets sê nie, omdat ek vroeër ‘n miskraam gehad het,” het Pink glo aan Ellen op haar kletsprogram gesê.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.