Pieter-Dirk op Berlynse fliekfees vereer

2011-02-08 09:14
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die Suid-Afrikaanse vermaakkunstenaar en MIV/vigs-aktivis Pieter-Dirk Uys word op 18 Februarie op die Berlynse rolprentfees met ’n Teddy-prys vir sy lewenswerk vereer.

Dié internasionale prys word vanjaar die 25ste keer uitgeloof. Vorige wenners sluit in die rolprentmakers Pedro Almodóvar, Gus van Sant, Derek Jarman en die akteurs Helmut Berger, John Hurt en Tilda Swinton.

Meer as 3000 gaste uit die kuns-, vermaak-, ekonomiese en die politieke sektore word by die oorhandigingsseremonie in Berlyn se ou Tempelhof-lughawe verwag.

Uys kry die Teddy vir sy volgehoue werk in MIV/vigs-opvoeding en sy werk as die vermaakkunstenaar Evita Bezuidenhout, die vrou wat oudpres. Nelson Mandela as die bekendste wit vrou in Suid-Afrika bestempel.

Evita het reeds haar spoggerigste Errol Arendz-uitrusting gereed, het Uys uit sy tuisdorp, Darling, gesê.

“Evita gaan vir die vroue sê om terug te gaan na hul kombuise en vir hul mans te kook. Dan sal daar minder oorloë wees.”

Op ’n ernstige noot wil Evita ook die internasionale podium gebruik om die “Arabiere en die Jode te versoek om soos Christene saam te leef”, voorts wil sy die Duitsers en Suid-Afrikaners versoek om met optimisme vorentoe te kyk.

Daarby gaan sy die Art Deco-lughawe wat deur die Nazi’s gebou is met die Voortrekkermonument vergelyk, waarheen ’n mens nou kan gaan om “lekker piekniek te hou – die polisie sal ons nie meer wegvat nie”.

Uys sal ook op 20 Februarie ’n uitvoering van sy vertoning Desperate first ladiesin die Joodse museum in Berlyn gee, die museum waar sy oorlede moeder se klavier gehou word.

Luidens ’n nuusverklaring gaan Uys sy Joodse herkoms en Afrikaanse erfenis besing en wil hy die gehoor daaraan herinner dat ’n patriot “ook iemand kan wees wat sy vaderland teen sy regering beskerm”.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: bekendes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ...en Louis... as ek ek jou so kyk..jy hou van morsige dinge, soos grappe, vieslike mense ens. Jy krul van die lekkerkry! Nie goeie morele waardes nie en 'n aanwins vir die siekes. Nou, hoe kan jy my blameer as ek jou nie aanvaar met jou "Vrye keuses" nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,995.00

CHRYSLER

PT Cruiser Limited 2.0 AT MPV
2000
R 59,990.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2000
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.