Pienkvoet op pad vir TV-boer
2010-03-19 13:05
Kaapstad - Die wen-boer wat die liefde van sy lewe in die gewilde realiteitsreeks Boer Soek ‘n Vrou gevind het, gaan pa word.
Tickey van Wyk het in die eerste reeks halsoorkop verlief geraak op die laerskoolonderwyseres Selme-Louise du Plessis, en kort daarna het hulle getrou.
In ‘n eksklusiewe onderhoud met Huisgenoot het die paartjie wat in Loxton boer, onthul dat Selme-Louise swanger is met hul eersteling. Hul seuntjie sal in Mei gebore word.
Na die weghol-sukses van kykNET se Boer soek ‘n Vrou-reekse, het die vervaardigers van die program ook pas hul soektog na kandidate vir die derde reeks begin.
Uitsendings van die nuwe reeks van Boer Soek ’n Vrou begin in September op kykNET en ’n inskrywingsvorm verskyn in die jongste uitgawe van Huisgenoot.
Lees die volledige artikel by www.huisgenoot.com.